________________________________________________________

Waldo is gebore op 12 Januarie 1976 in die Paarl; een van die mooiste dorpe in die land. Reeds op 'n vroeë ouderdom ontwikkel hy sy wortels in die musiekwêreld deur solo in die kerk op te tree. Vir twee jaar na mekaar op 13-14 jarige ouderdom wen hy die Herfsfees talent kompetisie te Wellington. Op 16 wen hy die Suiderkruis talent kompetisie in die Paarl en word dieselfde jaar bekroon as die algehele wenner van die Sanlam sentrum talent kompetisie. Met die opening van Die Bellville Stadium ( Beter bekend as die Bellville Velodrome) kry hy die geleentheid om saam met Rina Hugo op te tree as gas kunstenaar. Hy besluit om sy stem verder te ontwikkel deur vir formele sang onderrig te gaan by Delia Sainsbury Theatre School in die Waterfront. Onder leiding van Braam Potgieter as een van twaalf uitgesoekte studente was hy verbonde aan die Paarl Boys High en Paarl Girls High Kamerkoor. In verskeie musikale blyspele soos “Sound of silence” en as hoofrol in “Bye-Bye Birdie” het hy homself uitgeleef op die verhoog.  Hy matrikuleer in 1994 waarna hy Inligting Tegnologie in die Rekenaar wese gaan studeer het en verwerf ‘n Diploma aan die Kaapse Technicon in Radio Uitsaai Wese wat deur KFM Radiostasie aangebied is.

In 2003 dring hy deur na die semi-finale in die ATKV Crescendo kompetisie.  In 2004 behaal hy en Jolandi Geldenhuys (Duo) die Top 20 Zing finalis kompetisie op Kyknet M-net. Op 30 jarige ouderdom besluit hy om die IT bedryf vaarwel te roep om voltyds sy passie vir musiek uit te leef. Sy debuut album "Kan jy hoor hoe klop my hart?" is vrygestel tydens die KKNK 2007 met 11 oorspronklike Afrikaanse liedjies soos onder andere "Kan jy hoor hoe klop my hart?", "Kry vir jou 'n hoender” en "Ek gaan jou myne maak!" Hy is baie trots op sy eerste CD. Dis 'n mengsel van ligte pop en stamp Afrikaanse musiek, met 'n tikkie humor en propvol romanse.

Waldo is tans besig met nuwe liedjies vir sy tweede CD. Hou die pers dop.

© 2008. waldo lotz  
web stuff by rozanne marais - hotstuffdesign